LANGUAGES Categories
-
Haas Das Se Nuuskas: Episode 2 by Louise Smit Illustrated by Vian Oelofsen (Paperback)
Condition: As new
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending ontsnap Frekie Ystervark nouliks van Hoohoeff Hiena en die diere bewonder Hasie Kwassie se nuwe hardloopskoene! Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
-
Haas Das se Nuuskas: Episode 6 by Louise Smit Illustrated by Vian Oelofsen (Paperback)
Condition: As new
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das- stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
-
Trompie, Omnibus 5 by Topsy Smith (Paperback)
Condition: As new
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie wil ‘n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel.
-
Vlerke Vir My Houteend by Kobus Lombard (Paperback)
Condition: Excellent
Accessible poetry with strong religious undertones that never becomes overly sentimental.
-
A-Z Plekname Van Suid-Afrika by MapStudio (Paperback)
Condition: As new
Die alfabetiese lys stede, dorpe en nedersettings sluit meer as 900 plekke in en bevat inligting oor die herkoms van elkeen, interessante historiese feite, verskeie besienswaardighede vir toeriste en ander, en nog baie meer. Moenie die langpad daarsonder aanpak nie!
-
Claude Gaan vir Goud deur Alex T. Smith (Paperback)
Condition: As new
Claude het rooimiere! Hy kan nie wag om deel te neem aan die Hengse Groot Sportdag nie. Hy wil die goue beker wen, maar dan beland dit in die kloue van twee skelm skurke. Kan Claude die toernooi red en die beker wen?
-
Posman Beer deur Julia Donaldson en Axel Scheffler (Board Book)
Condition: New – still in plastic wrapping
Diep in die Eikewoud skryf Posman Beer briewe aan al sy vriende. Lig die flappies om te sien vir wie hy skryf!
-
Tyd Om Te Skaats deur Jacolet van den Berg (Paperback)
Condition: As New
Hannah is vasgekeer. Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid 6: Kamerkoors deur Jeff Kinney (Paperback)
Condition: As New
Greg Heffley is in groot moeilikheid. Skool- eiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is redelik onskuldig. Al hou ‘n frats sneeustorm die Heffley-familie binnenshuis, weet Greg dat hy die saak moet hanteer wanneer die storm bedaar het. Maar kan enige straf erger wees as om met jou familie ingehok te wees vir die vakansie?
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid 9: Hardepad deur Jeff Kinney (Paperback)
Condition: As new
’n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees … tensy julle die Heffley’s is. Dit begin vol belofte, maar slaan spoedig die verkeerde koers in. Badkamers by vulstasies, seemeeue wat kop verloor, ’n harde stamp en ’n vark wat op die vlug slaan – nie juis Greg Heffley se idee van plesier nie. Maar selfs die goorste reis kan ’n avontuur word – en hierdie is een wat die Heffley’s nie gou gaan vergeet nie.
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid 7: Drie is Een te Veel deur Jeff Kinney (Paperback)
Condition: As new
Daar is liefde in die lug – maar wat beteken dit vir Greg Heffley? ’n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om ’n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy droëbek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis ’n skrale troos.
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid 8: Ongeluksvoël deur Jeff Kinney (Paperback)
Condition: As new
Dit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie. In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat. Sal die dobbelsteentjies in sy guns val, of is Greg bestem om ’n ongeluksvoël te bly?
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak deur Jeff Kinney (Paperback)
Condition: As new
Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken. En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai. Sy lewe is ’n riller!
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid 2: Rodrick Regeer deur Jeff Kinney (Paperback)
Condition: As new
Met die aanbreek van die nuwe skooljaar, is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter hom te sit … veral een insident. Wat jy ook al doen, moenie vir Greg Heffley vra hoe hy sy vakansie spandeer het nie, want hy wil definitief nie daaroor praat nie. Ongelukkig weet Greg se ouer broer, Rodrick, van die geheim wat Greg graag wil wegsteek. Maar geheime het ´n manier om uit te lek … veral as´n dagboek ter sprake is.
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid 3: Die Laaste Strooi deur Jeff Kinney (Paperback)
Condition: As new
Kom ons wees eerlik: Greg Heffley gaan nooit van sy wimpgewoontes ontslae raak nie. Iemand moet dit nog net aan Greg se pa verduidelik. Jy sien, Frank Heffley dink hy kan sy seun so ver kry om sy spiere te bult en hy laat Greg deelneem aan georganiseerde sport en ander “manlike” aktiwiteite.
-
Kokkedoor 2 Versamelresepte saamgestel deur Errieda Du Toit (Paperback)
Woelige weeksdae wat fyn verdeel word tussen werk, skool, sport en huiswerk beteken nie dat aandete moet bestaan uit gebakte boontjies op roosterbrood nie. 50 Prutpotgeregte wys vir jou hoe om met behulp van jou prutpot (slow cooker) en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke en selfs poeding kan gaarmaak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.
-
Die Dokter by Paula Raubenheimer (Paperback)
Kriekie is siek. Hy het koors Mamma Padda bel die dokter. Die dokter kom met sy tas en pille.
-
Pansegrouw Makro Blokraaiselwoordeboek (Afrikaans), saamgestel deur LL Pansegrouw (Paperback)
Met meer as 182 000 inskrywings is hierdie moet-he-woordeboek reeds jare lank die staatmaker van elke blokraaiselliefhebber.
-
Dagboek van ‘n wimp: In die hondehok (Afrikaans, Paperback) Jeff Kinney
Dit is vakansietyd: die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg Heffley? Binne-in die huis besig om videospeletjies te speel met die gordyne toe. Greg, ‘n selferkende “binnenshuise persoon”, ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen reels. Maar Greg se ma se idee van ‘n perfekte vakansie is nie dieselfde nie. Sy glo aan buitemuurse pret en “gesinstyd”. Wie se idee gaan wen? Of sal ‘n nuwe toevoeging tot die Heffley-gesin alles verander? -
Groen ham en eiers by Dr.Seuss & Leon Rousseau (paperback)
Wanneer die astrante klein Bek-is-ek daarop aandring dat ou oom Beyers sy groen ham en eiers eet, word dit ’n geval van aanhouer wen. Die les is dat ons nie kan sê waarvan ons hou of wat ons verpes, voor ons dit probeer het nie. Dr. Seuss se Groen ham en eiers, propvol rollende ritme en onweerstaanbare rymherhalings, is die ideale boek vir elke vroeë leser, asook ’n heerlike boek om hardop voor te lees.