Claude het rooimiere! Hy kan nie wag om deel te neem aan die Hengse Groot Sportdag nie. Hy wil die goue beker wen, maar dan beland dit in die kloue van twee skelm skurke. Kan Claude die toernooi red en die beker wen?
Greg Heffley is in groot moeilikheid. Skool- eiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is redelik onskuldig. Al hou ‘n frats sneeustorm die Heffley-familie binnenshuis, weet Greg dat hy die saak moet hanteer wanneer die storm bedaar het. Maar kan enige straf erger wees as om met jou familie ingehok te wees vir die vakansie?
Dit is vakansietyd: die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg Heffley? Binne-in die huis besig om videospeletjies te speel met die gordyne toe. Greg, ‘n selferkende “binnenshuise persoon”, ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen reels. Maar Greg se ma se idee van ‘n perfekte vakansie is nie dieselfde nie. Sy glo aan buitemuurse pret en “gesinstyd”. Wie se idee gaan wen? Of sal ‘n nuwe toevoeging tot die Heffley-gesin alles verander?
Wanneer die astrante klein Bek-is-ek daarop aandring dat ou oom Beyers sy groen ham en eiers eet, word dit ’n geval van aanhouer wen. Die les is dat ons nie kan sê waarvan ons hou of wat ons verpes, voor ons dit probeer het nie. Dr. Seuss se Groen ham en eiers, propvol rollende ritme en onweerstaanbare rymherhalings, is die ideale boek vir elke vroeë leser, asook ’n heerlike boek om hardop voor te lees.