Die Dapper Seekoei (Afrikaans, Paperback) Piotr Haraszewski, Justyna D. Waclawik, Illustrated by Pedro H. Penizzotto, Illustrated by Luis Fabian Gaspardo
R30,00
Skool kan soms moeilik wees. Veral as jy uitstaan omdat jy n bietjie anders is Skool was nie vir klein Seekoei lekker nie. Die ander diertjies het hom gespot omdat hy anders was en dit het hom baie hartseer gemaak. Eendag het n renoster en sy bende moeilikheid by die skool kom maak. Al was Seekoei baie bang vir hulle, het hy dapper teen hulle opgestaan. So het die ander diertjies baie respek vir Seekoei gekry. Die dapper seekoei help kinders om te verstaan dat dapperheid nie beteken om sterker as ander te wees nie. Dit beteken om iets te doen wat goed en reg is wat niemand anders dalk op daardie oomblik wil doen nie. Daar is ook riglyne vir ouers deur Stormie Omartian wat die belangrikheid bespreek vir kinders om dapper keuses te maak. Praktiese besprekingsvrae verbind ook die storie met Bybelse beginsels. Die dapper seekoei sal elke kind aanspoor om dapper die regte besluite te neem.
Dit is vakansietyd: die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg Heffley? Binne-in die huis besig om videospeletjies te speel met die gordyne toe. Greg, ‘n selferkende “binnenshuise persoon”, ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen reels. Maar Greg se ma se idee van ‘n perfekte vakansie is nie dieselfde nie. Sy glo aan buitemuurse pret en “gesinstyd”. Wie se idee gaan wen? Of sal ‘n nuwe toevoeging tot die Heffley-gesin alles verander?
Wanneer die astrante klein Bek-is-ek daarop aandring dat ou oom Beyers sy groen ham en eiers eet, word dit ’n geval van aanhouer wen. Die les is dat ons nie kan sê waarvan ons hou of wat ons verpes, voor ons dit probeer het nie. Dr. Seuss se Groen ham en eiers, propvol rollende ritme en onweerstaanbare rymherhalings, is die ideale boek vir elke vroeë leser, asook ’n heerlike boek om hardop voor te lees.