Die Dapper Seekoei (Afrikaans, Paperback) Piotr Haraszewski, Justyna D. Waclawik, Illustrated by Pedro H. Penizzotto, Illustrated by Luis Fabian Gaspardo

R30.00

Skool kan soms moeilik wees. Veral as jy uitstaan omdat jy ’n bietjie anders is … Skool was nie vir klein Seekoei lekker nie. Die ander diertjies het hom gespot omdat hy anders was en dit het hom baie hartseer gemaak. Eendag het ’n renoster en sy bende moeilikheid by die skool kom maak. Al was Seekoei baie bang vir hulle, het hy dapper teen hulle opgestaan. So het die ander diertjies baie respek vir Seekoei gekry. Die dapper seekoei help kinders om te verstaan dat dapperheid nie beteken om sterker as ander te wees nie. Dit beteken om iets te doen wat goed en reg is wat niemand anders dalk op daardie oomblik wil doen nie. Daar is ook riglyne vir ouers deur Stormie Omartian wat die belangrikheid bespreek vir kinders om dapper keuses te maak. Praktiese besprekingsvrae verbind ook die storie met Bybelse beginsels. Die dapper seekoei sal elke kind aanspoor om dapper die regte besluite te neem.
Availability: 1 in stock SKU: 9781431611034
View cart

Description

Die Dapper Seekoei (Afrikaans, Paperback)

 

Related Products